Macau heropn môre sekere dienste

Die Chinese stad, Macau, sal vanaf môre openbare dienste en vermaaklikheidsgeriewe heropen en aansit-etes in restaurante toelaat. Die wêreld se grootste dobbel-spilpunt wil graag terugkeer na normaal nadat daar vir nege agtereenvolgende dae geen Covid-gevalle aangemeld is nie. Macau se casino’s het hul ergste maand ooit beleef, met die dobbelinkomste wat in Julie tot die laagste op rekord gedaal het. Bruto dobbel-inkomste het tot 811 miljoen Namibiese dollar gedaal.