DA betreur stilte oor Tembisa-hospitaal

Die DA in Gauteng betreur die dawerende stilte van die provinsiale departement van gesondheid oor ‘n spesiale media-ondersoek oor die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni. Dit het ontbloot hoe die korrupsie-fluitjieblaser Babita Deokaran probeer het om verdagte betalings by die hospitaal stop te sit kort voordat sy vermoor is. Jack Bloom van die DA sê Deokaran het probeer om betalings van meer as 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand te keer, maar die finansiële bestuurder, Lerato Madyo, het na bewering haar beswaar verwerp en dit goedgekeur.