Mabuza was voorstander van etiek by Eskom

Eskom het sy medelye betuig aan die familie van wyle Eskom-raadsvoorsitter, Jabu Mabuza. Die nuus oor sy afsterwe is met hartseer ontvang. Hy is aan Covid-19-komplikasies oorlede. Die kragreus sê Mabuza het Eskom tydens een van die moeilikste tydperke ooit gelei. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hy sal onthou word as ‘n voorbeeldige leier en ‘n voorstander van etiese bestuur: