Kerke sal steeds mense bystaan

Die Covid-pandemie maak die lewe vir almal moeilik, kerke ingesluit. Met baie lewens wat verloor word, is kerke die laaste hoop vir talle mense. Kerke is afhanklik van fondse van hul gemeentes, maar tans is openbare byeenkomste tot tien mense beperk. Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die Raad van Kerke van Namibië sê ondanks die situasie in die land sal kerke steeds mense bystaan. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê om kerkdeure te sluit, is nie ‘n opsie nie.