Mabuza erken vloedverligting het nie soos beplan verloop nie

Suid-Afrika se visepresident David Mabuza het erken dat vloedverligting in areas wat die swaarste getref is, soos die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal, nie so glad verloop soos wat beplan is nie. Groot dele van die provinsie, asook dele van Noordwes en die Oos-Kaap het in April onder erge oorstromings deurgeloop. Die adjunkpresident sê daar was vertragings in die verspreiding van fondse in dié gebiede: