Tamatiekoors besmet kinders in Indië

Dokters in Indië het gewaarsku oor ‘n nuwe virus genaamd tamatiekoors wat dosyne kinders besmet het. Die infeksie is in Mei in die suidelike deelstaat Kerala opgemerk en daar word gevrees dat dit ‘n nuwe variant van hand-, voet- en mondsiekte is. Kenners ondersoek ook of dit die na-effek van ‘n muskiet-oordraagbare infeksie is, maar hulle het nie ‘n heeltemal nuwe patogeen uitgesluit nie. Tot dusver is 82 kinders onder vyf sedert Mei met tamatiekoors gediagnoseer en ‘n verdere 26 kinders tot 10 jaar is vermoedelik gevalle.