Heerlike krieket op Wanderers in September

Krieket Namibië nooi die publiek uit om die eerste Global T20 Namibia wat van 1 tot 9 September by die Wanderers-krieketveld in Windhoek aangebied word, te ondersteun. Namibië se mans se nasionale ontwikkelingspan, die Eagles, sal teen Pakistan se Lahore Qalanders en Suid-Afrika se DP World Lions te staan kom. Johan Muller, hoof uitvoerende beampte van Krieket Namibië, sê die nuwe toernooi sal dien as voorbereiding vir die 2022 T20 Wêreldbeker-toernooi wat later in die jaar vir Australië geskeduleer is, terwyl die kommersiële model Krieket Namibië in staat sal stel om die uitsaairegte vir die toernooi se produkte te vervaardig en te verkoop. Die president of Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die publiek het die geleentheid om goeie spelers in aksie te sien.