Maatskappy stoei voort om N$14m by Swapo-jeugliga te verhaal

True Media Trading het ‘n aangepaste eis in sy saak teen die Swapo-jeugliga ingedien. Die maatskappy eis net meer as 14 miljoen Namibiese dollar by die liga vir die druk van lidmaatskap-kaartjies vir die jeugliga, die vroueliga en die politburo. Volgens die aansoeker, sou die jeugliga 14 000 kaartjies teen 7 dollar 50 sent verskaf het, wat gedoen is maar, die liga het hom nie betaal nie en ‘n ander verskaffer genader, na die werk voltooi is. Die saak sloer sedert 2019. Dit is in April vir bemiddeling gestuur maar die jeugliga het nie opgedaag nie. In sy pleit ontken hy die bewerings deur True Media Trading. Die partye kom vanoggend voor regter Shafimana Ueitele voor vir ‘n voorverhoor-konferensie.