Komponis van James Bond-temalied sterf

Die man wat die ikoniese James Bond-temalied gekomponeer het, Monty Norman, is ná ‘n kort siekbed op 94-jarige ouderdom dood. Die vervaardiger Albert Broccoli het hom aangestel om die agtergrondmusiek te skryf vir die eerste James Bond-film, Dr No, wat in 1962 vrygestel is. Broccoli was gaande daaroor en het dit in al 25 Bond-flieks gebruik. Norman het ook die musiek geskryf vir die Hammer-fliek, The Two Faces of Dr. Jekyll, The Day the Earth Caught Fire, Call Me Bwana, en die TV-minireeks, Dickens of London.