Munisipaliteite het groot uitdagings met volhoubaarheid, ontwikkeling

Munisipaliteite en dorpsrade regoor die land het groot uitdagings met volhoubaarheid en ontwikkeling. Die ajdunkminister van stedelike ontwikkeling Natalia /Goagoses het ‘n beroep op burgemeesters gedoen om ‘n rol te speel in die implementering van strategiese planne en doelwitte in hulle onderskeidelike rade. Volgens /Goagoses het Covid baie uitdagings na vore gebring en meeste van die gevalle is in stedelike gebiede bevestig. Sy sê die veerkragtigheid van gemeenskappe moet gebou en ondersteun word. Dienste, voedselsekerheid en werkloosheid moet aangespreek word en in haar mening het burgemeesters ‘n baie belangrike rol om te speel, veral met ondersteuning van die uitvoerende komitee.