Maatreëls om vervoerkorrupsie te bekamp word ingestel

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, en die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Lekgoa Mothibi, gaan vandag in Pretoria die bevindings van ‘n ondersoek deur die eenheid en die Verkeersbestuurskorporasie bekendmaak. Die ondersoek gaan oor die aangeleenthede van die nasionale en provinsiale departemente en plaaslike owerhede en instellings wat funksies ingevolge Nasionale Padverkeerswet verrig. Die departementele woordvoerder, Lwazi Khoza, sê die eenheid se aanbevelings oor rybewyse en toetssentrums en ander instellings word ingestel: