Xi dalk president vir ewig, vat ongekende derde termyn

President Xi Jinping het aan die Chinese nasie groot herlewing op alle gebiede beloof nadat hy vir ‘n geskiedkundige derde termyn verkies is. Meer as 2 300 afgevaardigdes van die Chinese Kommunistiese Party het verskeie leierskapsgroepe verkies en Xi ‘n nuwe mandaat oor die party gegee. Daar word berig wysigings is die naweek by die party se 20ste kongres aan die party se handves aangebring wat Xi se kernstatus en die rol van sy politieke denke in die party bevestig.