Maart is die Nasionale Bewusmakingsmaand vir Outo-immuunsiektes

Maart is die Nasionale Bewusmakingsmaand vir Outo-immuunsiektes en een van die siektes wat uitgelig is vir bewusmakingsveldtogte is artritis. Die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad verskaf elke jaar pasiënt-gesentreerde sorg aan meer as 4 000 mense met verskeie vorms van artritis en bindweefsel-siektes. ‘n Woordvoerder, Leticia Pienaar, sê dié pasiënte word verwys van so naby as Ravensmead en so ver as Upington in die Noord-Kaap. Sy sê die algemeenste vorm van artritis wat by die kliniek bestuur word, is rumatoïede artritis.