DA telerugesteld in vertraging van heropening van Charlotte Maxeke-hospitaal

Die DA in Gauteng sê die verdere vertraging met die heropening van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg se ongevalle-eenheid tot middel-April, is uiters teleurstellend. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê sabotasie het die vertraging veroorsaak. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het verlede jaar beloof die eenheid sal in Januarie heropen.