Kommer oor toenemende aanvalle op fietsryers aan buitewyke van Windhoek

Aanvalle op fietsryers neem toe rondom die hoofstad. ‘n Vrou wat alleen in die berge fiets gery het, is aangeval, met ‘n mes aangehou en van haar bergfiets, selfoon, ringe en valhelm beroof. Namibian Marshall Rangers waarsku fietsryers om liefs nie alleen in die buitewyke van Windhoek te gaan fietsry nie. Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers gesels met Kosmos 94.1 Nuus.