Ma wat vermoedelik baba vermoor, verskyn weer

Die 34-jarige ma van die babaseuntjie wat op ‘n ashoop op Okahao gevind is, sal weer vandag in Okahao-landdroshof verskyn. Sy is sedert 11 Januarie in aanhouding. Taimi Abraham, ‘n skoonmaker by die Shaanika Nashingo Sekondêre Skool op Okahao, staan tereg op klagte van moord en dwarsboming van die gereg. Volgens voorlopige ondersoeke het sy op 23 Desember geboorte gegee. Die saak is vroeër uitgestel vir verdere ondersoek.