Ma-olifant skenk geboorte aan tweeling

Vir die eerste keer in amper 80 jaar het ‘n olifant in Sri Lanka geboorte geskenk aan ‘n tweeling. Die kalfies se ma, Surangi, is 25 jaar oud en hulle pa, Pandu, is 17 en albei is as wesies gered deur die Pinnawala Olifantweeshuis en is met die hand grootgemaak. Owerhede by die weeshuis sê die laaste keer wat ‘n tweeling in die land aangeteken is, is in 1941. Pinnawala is in 1975 gestig en is een van die land se grootste toeriste-aantreklikhede. Die land het ongeveer 7 500 olifante.