Eerste minister sê volksmoord-kwessie sal vinnig aandag kry

Die Nasionale Vergadering hervat sy sessies volgende week Dinsdag en daar is verskeie wetswontwerpe en ander kwessies wat bespreek moet word. Volgens die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, sal die volksmoord-ooreenkoms een van die eerste kwessies wees.

Wanneer alles goedgekeur is deur die parlementslede en Duitse owerhede keur die finale ooreenkoms goed, sal President Frank-Walter Steinmeier amptelik Namibië besoek en om verskoning vra.