Voedselpryse gaan weer op

Wêreld voedselpryse het Augustus die hoogte ingeskiet. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê kommoditeite soos suiker, olies en verskeie grane het duurder geword en oesvooruitskattings is afwaarts aangepas. Internasionaal sal daar 2,788 miljard ton ingebring word, teenoor die 2,817 miljard ton wat beraam was. Op ‘n jaargrondslag was kommoditeite 32,9 persent duurder in Augustus en die graanprys-indeks was 3,4 persent hoër as in Julie. Die koringprys het met 8,8 persent teenoor Julie toegeneem terwyl olie met 6,7 persent gestyg het.