Lyslange, ietermagô’s, kameelperde… alles loop deur

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die jongste wildlewe misdaad verslag bekend gemaak. Tussen 12 en 18 April was daar 4 nuwe sake geregistreer met 8 verdagtes in hegtenis geneem. Een saak hou verband met die stropery van renosters. Een kameelperd karkas, ‘n ietermagô vel, 6 lyslang velle, 1 vel van ‘n muskeljaatkat en 3 wapens is van die goedere waarop daar beslag gelê is. Al die sake het in die noorde voorgekom in verskeie dorpe en nedersettings en die verdagtes het reeds verskyn.