Sportkommissie stil oor Jonas en Spele

Die Namibiese bokser Jonas Junias Jonas het vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer maar, hy is tans in aanhouding met klagte van poging tot moord teen hom. Die Hoof Administrateur van die Namibiese Sport Kommissie Freddy Mwiya wou nie kommentaar lewer oor of Jonas wel die Spele sal bywoon nie. Hy meen dit is te vroeg om te bepaal en die kommissie wag nog vir amptelike korrespondensie in die verband. Maar, hy het gesê dat atlete beter ondersteuning nodig het.

Terug: Jonas is in aanhouding in Swakopmund tot sy volgende verskyning op 5 Mei.