Luukse motors in brand op vragskip vernietig

Luukse motors ter waarde van miljoene Namibiese dollar is waarskynlik vernietig toe ‘n vragskip aan die brand geslaan het in die Atlantiese Oseaan. Duisende motors soos Lamborghini’s, Porches en Audi’s is na wat berig word op die Felicity Ace wat ronddryf ongeveer 160 kilometer vanaf die Portugese eilandgroep, die Asore. Al 22 bemanningslede is na veiligheid geneem. Volgens berigte was die vaartuig onderweg vanaf Duitsland na Amerika. Dit is vermoedelik te groot om na ‘n hawe gesleep te word en die Portugese vloot hou die situasie dop.