Bheki Cele sê hy het goeie verhouding met polisiekommissaris

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê daar is ‘n goeie werksverhouding tussen hom en die polisiekommissaris, Khehla Sitole. Cele sê die media word mislei om te dink daar is steurende kommunikasie tussen hulle. Daar was onlangs ‘n oënskynlike vete tussen Sitole en Cele oor bewerings dat Sitole en die leier van die EFF, Julius Malema, beplan om Cele as minister te probeer verwyder. Cele het tydens ‘n inligtingsvergadering gepraat oor die jongste misdaadstatistiek.