Afrobarometer: Regering het nie weerlose huishoudings ondersteun

Volgens die jongste Afrobarometer-opname, is die meerderheid Namibiërs geensins tevrede met die ondersteuning van die regering aan weerlose huishoudings tydens die Covid-pandemie nie. Meer as 69 persent Namibiërs glo ook baie van die hulpbronne vir die pandemie is weens korrupsie van die regering gesteel of weg. Meer as twee-derde burgers is redelik tevrede met hoe onderbrekings van kinders se onderrig tot die minimum beperk is.