Lutombi soek antwoorde by Stad Whk oor aanstelling van uitvoerende hoof

Die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid Conrad Lutombi, het sy regspan ingespan om uitsluitsel te kry oor die aanstelling van ‘n hoof uitvoerende beampte vir Stad Windhoek. Lutombi wou nie veel uit die mou laat toe hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het nie maar volgens berigte, het Stad Windhoek tot 31 Julie om antwoord aan hom te gee oor kommentaar dat die proses vir die werwing van ‘n uitvoerende hoof, weer sal begin. Lutombi was gekortlys maar die Stad sloer om een of ander rede. Hy sê die kwessie sal seker in die hof draai.