Daar is Khoi en San wat Amazon in Kaapstad wil hê

ʼn Groep tradisionele leiers van die Khoi en San in Suid-Afrika, wat ten gunste is van die oprigting van Amazon se nuwe hoofkantoor vir die vasteland in Kaapstad, appelleer tans teen ʼn beslissing van die Kaapstadse Hooggeregshof. Die hof het die projekontwikkelaar verbied om met die bouwerk voort te gaan tensy betekenisvolle skakeling en konsultasie met die betrokke inheemse mense plaasgevind het. Die bouwerk sal na raming 4,6 miljard Namibiese dollar beloop maar dit vind plaas om grond wat die Khoi en San as heilig beskou. Die tradisionele leier, Petrus Vaalbooi, sê hy steun die ontwikkeling ten volle.