LUR vir vervoer in Wes-Kaap veroordeel taxi-geweld

Die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, Daylin Mitchell, het die taxi-geweld in Kraaifontein veroordeel. Twee mans is doodgeskiet en nog ‘n man gewond. Mitchell sê dit is onaanvaarbaar dat die openbare vervoersektor besig is om ‘n misdaadtoneel te word.