Nampol soek na wapenrowers op Ongwediva

Die Namibiese polisie van die Oshana-streek rig ‘n waarskuwing aan die publiek nadat verdagtes by die Emvula-geweerwinkel op Ongwediva ingebreek en 13 pistole, ammunisie, ‘n skootrekenaar en kontant ter waarde van sowat 400 000 Namibiese dollar gesteel het. Volgens die polisie het die verdagtes het deur die dak ingekom en met blaasvlam die kluis oopgemaak. Die polisie is bekommerd dat die vuurwapens in verkeerde hande land en doen ‘n beroep enige iemand met inligting om die naaste polisiekantoor te kontak.