Visrivier-canyon is reeds volbespreek vir staptogte vir 2022

Namibia Wildlife Resorts sal in samewerking met die omgewingsministerie ‘n roete-inspeksie in die Visrivier-canyon vanaf 12 tot 17 April onderneem voor die beroemde Visriviercanyon-stapseisoen open. Sedert die reënseisoen tot ‘n einde gekom het, kon nie regtig vasstel hoeveel water die canyon ingevloei het nie. Inspeksies sal NWR in staat stel om toeriste raad te gee oor die veiligste roetes en die diepte van die poele binne die canyon. Die stapseisoen strek elke jaar vanaf 1 Mei tot 15 September en is reeds vir vanjaar volbepsreek. Vanjaar word meer as 4 000 toeriste by die canyon verwag. Nelson Ashipala, NWR se woordvoerder, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.