Ace Magashule staan nog nie opsy

Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, gaan glo vandag met die party se top-amptenare oor die party se omstrede opsystaan-besluit vergader. Die voormalige premier van die Vrystaat is onder druk om uit sy pos te tree of geskors te word oor sy korrupsie-verhoor oor ‘n skandaal van miljoene rande met ‘n asbestos-oudit kontrak. Magashule het Vrydag met die voormalige president Thabo Mbeki, en Kgalema Motlanthe, ontmoet, na hy vroeër met die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Mathews Phosa en die voormalige president Jacob Zuma vergader het.