LUR sê moordklag teen hom is politiek gemotiveerd

Die voormalige LUR vir landbou in Mpumalanga, Mandla Msibi, sê hy is teleurgesteld met die pas waarteen die moordsaak teen hom vorder. Hy en sy medebeskuldigde staan tereg op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord, nadat Dingane Ngwenya en Sindela Sipho Lubisi in Augustus doodgeskiet is. Msibi het gister in die streekhof in Nelspruit verskyn. Die saak is toe tot 24 Februarie volgende jaar uitgestel. Msibi sê die aanklagte teen hom is onregverdig en politiek gemotiveerd.