Luiperd hou Noordwes-bewaarders baie besig

‘n Span by die Finfoot Lake-natuurreservaat in Noordwes het onlangs die aankoms van ‘n luiperd gevier wat in ‘n valstrik naby die Botswana-grens gevang is. Sarel van der Westhuizen van die reservaat sê die luiperd is vanaf Tshwane in Gauteng na die reservaat vervoer. ‘n Deel van die ooreenkoms is dat die dier met ‘n kamera toegerus word om sy bewegings te monitor, maar Van der Westhuizen sê dit was ‘n uitdaging: