Noa verskyn weer vandag

Dennis Noa ‘n leerling dokter wat van sodomie beskuldig word op ‘n manlike pasiënt met breinbeserings, is vandag weer in die Katutura Landdroshof. Daar is volgens berigte DNS-toetse op die pasiënt gedoen, wat na bewering deur Noa ontslaan is uit die saal waar hy behandel is. Die pasiënt het in ‘n motorongeluk in Maart die beserings opgedoen. Noa is sedert sy eerste verskyning verlede week in aanhouding by Seeis as gevolg van vrese vir sy veiligheid. Die regsverteenwoordiger het vroeër gesê sy veiligheid kan moontlik in gedrang wees as gevolg van die werk wat sy pa, Paulus Noa, by die Teenkorrupsie Kommmissie doen.