Johnson stap weg met N$326m in LIV-oorwinning

Die tweemalige major-wenner, Dustin Johnson, het sowat 326 miljoen Namibiese dollar verdien met sy oorwinning in die eerste LIV-gholfkampioenskap. Die Amerikaner het verlede maand die LIV Golf Invitational in Boston gewen en was vyf keer in die top tien in die ses toernooie in die reeks tot dusver. Branden Grace, van Suid-Afrika, is in die tweede plek voor die finale toernooi wat Vrydag in Jeddah begin. Volgens Johnson het die nuwe reeks baie suksesvol afgeskop: