Eksplorasiepermitte vir Stampriet opgeskort

Die NLU sirkuleer ‘n brief wat deur die landbouministerie se uitvoerende direkteur Percy Misika onderteken is, dat Headspring Investments, wat vir uraan prospekteer in die Stampriet-bekken, se twee permitte is met onmiddellike effek onttrek as gevolg van nie nakoming van vereistes. Die permitte was vir die boor van 37 boorgate vir eksplorasie en hidro-geologiese doeleindes by die Stampriet-bekken. Misika sê die gate word nie volgens die permitvereistes geboor nie en word nie geseël nie. Hy voeg by 77 gate is sonder geldige permitte geboor en boorders is nie met die ministerie geregistreer nie en verder, was nie ingelig oor die spesiale spesifikasies van die sensitiewe boorgebied nie.