FoodForwardSA: Voedsel-inflasie ontbloot bose kringloop van armoede

Die voedsel-herverspreidings-organisasie, FoodForwardSA, sê voedsel-inflasie ontbloot die bose kringloop van armoede en ongelykheid in Suid-Afrika. Die besturende direkteur, Andy du Plessis, sê hulle het tussen verlede jaar en vanjaar ‘n toename van 12,9 persent gesien in die prys van ‘n reeks produkte soos ontbytgraan, vrugte, groente, graan en smere. Du Plessis sê arm mense moet goedkoper kos koop en word dus ongesonder en plaas bykomende druk op die gesondheidsektor.