Lucky sê Zondo-kommissie is gekompromitteer

Die Voormalige Uitvoerende Hoof van die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap Lucky Montana, sê die buurland se Staatskapingkommissie is gekompromitteer. Hy het voor die kommissie verskyn nadat sy getuienis in Januarie gekanselleer is. Montana het toe die Voorsitter van die Kommissie, Adjunkhoofregter Raymond Zondo, beskuldig dat hy bevooroordeeld is. Hy het beweer dat die kansellasie bedoel is om sy getuienis te blokkeer, wat volgens hom verdoemend is.