Owerhede werk vir voordele van vryhandelsooreenkoms

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Penda Naanda, het bekendgemaak dat die ministerie met aktiewe diplomasie sal voortgaan om Namibiese besighede te help om die voordele te benut wat die Afrika Kontinentale Vryehandelsooreenkoms bied. Naanda het gereageer op die ministerie se fasilitering van die besoek aanstaande week van ‘n afvaardiging van Meatco aan Ghana om moontlike handelsooreenkomste vir die uitvoer van Namibiese vleis en vleisprodukte te beding.