Goosen sluit by Bulle aan

Die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen, sluit op 1 Julie by die Bulle aan nadat hy die laaste paar seisoene vir Montpellier in Frankryk gespeel het. Die 28-jarige het sy blydskap uitgespreek om na sy geboorteland terug te keer en sê hy sien daarna uit om deel te word van Pretoria se rugby-familie. Die Bulle se Direkteur van rugby, Jake White, sê Goosen se ervaring sal baie vir jonger spelers beteken. Goosen het 25 punte in sy 13 toetswedstryde in ‘n Springbok-trui aangeteken.