LP’s vra vir opsommings van wetsontwerpe saam met dokumente

Lede van die Nasionale Vergadering vra dat hulle opsommings saam met wetsontwerpe ontvang voor dit in die parlement bespreek moet word. Beide Maureen Hinda-Mbuende van Swapo en Vipuakuje Muharukua van die PDM sê dit sal lede bystaan om vinniger die doel en logika van die dokumente te verstaan. Die huis is baie agter in sy werksaamhede en volgens plaaslike berigte moet daar 71 stukke wetgewing wat of verouderd is of diskrimineer, teruggetrek word. Volgens Muharukua is dit somtyds moeilik vir LP’s om genoegsame inligting oor wetgewing te bekom in die kort tydjie wat hulle het hom die dokumente te hersien.