Rekordlae Covid-syfers

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het vandag 15 nuwe gevalle van Covid in die land bevestig. Die gevalle is bevestig uit 1 429 toetse. Khomas het 11 van die bevestigde gevalle. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe sê daar is 6 leerders onder die groep. Met 48 pasiënte wat herstel het, is daar tans 1 132 aktiewe gevalle in die land waarvan 120 in die hospitaal is, met 22 wat kritiek is. Nege nuwe sterfgevalle is ook bevestig.