LP’s moet verklaar, maar dit word nie afgedwing nie

Die bate-verklarings van die lede van die Nasionale Vergadering is in die nuus. Volgens parlementêre reëls moet hulle verklaar, maar verskeie lede, wat die arbeidsminister Utoni Nujoma insluit, weier eenvoudig om enige verklarings te maak. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die reël moet afgedwing word, en die regte vrae moet gevra word.