LPM veroordeel korrupsie ten sterktse, vernoem straat na Hanse-Himarwa

Die LPM het in weerwil van die Heldedag-vieringe Saterdag op Mariental ‘n straat na die korrupsie-veroordeelde voormalige onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa vernoem. Dié stap het wenkbroue laat lig veral omdat die LPM so uitgesproke is teen die regering en korrupsie wat daar plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se Cherien Kock, burgemeester van Mariental oor die besluit gepraat.

Sy sê die party het ‘n sterk standpunt ingeneem teen korrupsie en dat deursigtigheid uiters belangrik is.