Goud daal omdat beleggers likiditeit soek

Die waarde van goud daal op die oomblik en het vir die tweede agtereenvolgende dag teruggesak. Die edelmetaal het in die afgelope 90 dae net meer as 6,32 persent verloor. Volgens Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, is die goudprys onder druk as gevolg van ‘n tekort in likiditeit. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit eintlik net tydelik is.