LPM skaar hom by staatsamptenare

Die leier van Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het die party se steun toegesê vir staatsamptenare wat pas verkiesings afgehandel het oor ‘n landwye staking. Hy het by die party se vyfde aksiekomitee se vergadering wat oor die naweek aan die kus gehou is, gepraat. In sy mening is staatsamptenare se lot is nie as belangrik genoeg beskou nie. Hy sê hulle het regmatige en wettige bekommernisse nadat hulle vir jare geen salarisaanpassings ontvang het nie. Daar word binnekort ‘n aankondiging in die verband verwag nadat amptenare oorweldigend gestem het ter ondersteuning van ‘n staking. Ingevolge die reëls moet hulle binne 48 uur na die uitslae ‘n kennisgewing van ‘n staking aan die werkgewer gee. Staatsamptenare is gemaan om vandag vir werk aan te meld tot hulle instruksie ontvang het.