Cosas in SA vra weer vir gratis onderwys

Die Suid-Afrikaanse studente-organisasie Cosas het sy oproep vir gratis onderwys herhaal. Hy vra ook dat staatsamptenare en kabinetsministers ouer as 60 dit moet oorweeg om af te tree. Cosas het dié oproepe die naweek gedoen in ‘n voorlegging op die ANC se sesde beleidskonferensie. Die woordvoerder van die organisasie, Douglas Ngobeni, sê dit het tyd geword dat jongmense oorneem: