LPM sê waarom hy nie aan tussenverkiesing deelgeneem het

‘n Namibiese opposisieparty het gereageer oor die lae opkoms en gebrek aan kandidate van opposisiepartye in die tussenverkiesing van die Moses //Garoëb-kiesafdeling in die hoofstad. Slegs 4 822 kiesers uit die 42 135 geregistreerde kiesers, of te wel 11,5 persent, het hul kruisies gaan trek. Die lae opkoms word voor die deur gelê van inwoners wat nog steeds met vakansie is. Swapo se kandidaat, Stephanus Ndengu het geseëvier. Slegs vyf kandidate het gestaan, waarvan twee onafhanklike kandidate was. Vrae word gevra waar die ander opposisiepartye was, soos die amptelike opposisie PDM, asook Nudo, UDF, Swanu en LPM. Kosmos 94.1 Nuus het aan die woordvoerder van Landless People’s Movement, Eneas Emvula, gevra waar die LPM was. Hy het sy antwoord só verwoord…