Kragkrisis is grootste struikelblok vir SA ekonomiese herstel

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die onbestendigheid van kragvoorsiening bly een van die grootste struikelblokke vir ekonomiese herstel, en ontwrig die lewens van alle Suid-Afrikaners. Hy het die regerende party se 8 Januarie Presidentsrede in Bloemfontein gelewer. Ramaphosa sê die ANC doen ‘n beroep op Eskom en die regering om onmiddellik daarop te fokus om bykomende opwekkings-eenhede weer in bedryf te stel. Hy wil ‘n einde maak aan verdere agteruitgang deur noodsaaklik instandhoudingswerk, en te verseker kragstasies het geskoolde, ervare personeel.