LPM se saak word Julie aangehoor

Die LPM-party se appèl in die Hooggeregshof teen die vroeëre beslissing van Regter Kobus Miller ter ondersteuning van die Speaker van die Nasionale Vergadering, sal op 21 Julie aangehoor word. Professor Peter Katjavivi het die twee leiers van die party, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb toegang tot die huis verbied na President Hage Geingob se staatsrede in April en die LPM sê hy het sy magte oorskry. Die saak is in die Hoërhof aangehoor maar die twee het verloor. Hulle is verlof tot appèl gegun wat nou aangehoor sal word.