LPM sê joernaliste huil oor niks

Die Landless People’s Movement sê as joernaliste vies is vir lede van sy party, is hulle welkom om ‘n klag by die Namibiese polisie te lê. Dit kom na die media-vakbond, Nampu sy ontevredenheid uitgespreek het teenoor sy partylid Sade Gawanas en die party in die algemeen wat volgens die vakbond, joernaliste boelie en intimideer. Die party se woordvoerder, Eneas Emvula sê hulle huil oor niks.

Daar blyk om toenemende onmin tussen die party en die media te wees en tot op hede het nege joernaliste reeds die LPM se media-groep verlaat.